Valerie die waaghalsige worshond laat trane rolMay 7, 2025

Valerie, die miniatuur worshond, en haar eienaars is uiteindelik herenig nadat sy 540 dae alleen oorleef het op Kangaroo-eiland in Suid-Australië. Valerie het in November 2023 vermis geraak tydens ‘n kampeeruitstappie na die eiland. Vreemdelinge het probeer help, maar sy het gevlug en haar eienaars het moed opgegee en is sonder Valerie huis toe. ‘n Liefdadigheidsorganisasie het haar uiteindelik op 25 April ná ‘n reuse-soektog gevind. Sy is nou terug by haar huis in Nieu-Suid-Wallis, waar sy herenig het met Georgia Gardner, Josh Fishlock en hul ander troeteldiere.