Kanada sal nooit te koop wees nie – CarneyMay 7, 2025
Kanadese eerste minister Mark Carney en sy Amerikaanse eweknie Donald Trump het in die Withuis ontmoet vir die eerste keer sedert Kanada se verkiesing. Analiste is van mening Carney het die ontmoeting goed benader, en dit het nie ontaard in ‘n onsmaaklike vertoning soos met Oekraïnse president Volodymyr Zelensky nie. Trump het sy wens herhaal dat Kanada deel van die VSA moet word.
Carney het geantwoord dat Kanada nooit te koop sal wees nie.