Inge Zaamwani vervang Hengari in parlementMay 7, 2025

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Inge Zaamwani as ‘n nie-stemgeregtigde lid in die Nasionale Vergadering aangestel. Sy vervang oud-landbouminister Mac Albert Hengari, wat verlede week bedank het. Die aanstelling tree onmiddellik in werking. In ‘n verklaring het president Nandi-Ndaitwah vertroue uitgespreek in Zaamwani se vermoë om haar wetgewende pligte uit te voer. Zaamwani het as Adviseur oor Grondwetlike Sake in die Presidensie gedien tot haar aanstelling in die Nasionale Vergadering. Sy was ook van 1999 tot 2015 die uitvoerende hoof van Namdeb.