Versigtig met disktrikshospitaalkostes… almal sal dalk wil ‘eet’May 6, 2025

Reaksie word ontvang op die aankondiging dat die nuwe distrikshospitaal wat vir Havana in die hoofstad beplan word, nou 3,2 miljard Namibiese dollar sal beloop, ongeveer 300 miljoen dollar meer as wat aanvanklik verwag is. Die parlementêre leier van die opposisie IPC, Imms Nashinge sê die regering moet uiters versigtig wees dat dit nie ‘n projek is waar almal iets vir homself kan vat nie.