Eerste piesangoes in Julie/Augustus verwag May 6, 2025

AvaGro en die Akkerbouraad verwag  die eerste plaaslike piesang-oes in Julie en Augustus maar, dit is nog te vroeg om te sê wat die lewensvatbaarheid van piesangboerdery in die land is. Volgens Leonie Hartman, uitvoerende hoof by AvaGro, is die projek met 2 222 saailinge van stapel gestuur en die projek lewer goeie resultate maar, meer data is nodig. Die plaaslike vraag na piesangs beloop ongeveer 7 000 ton jaarliks en kos 57 miljoen Namibiese dollar. Die meerderheid invoere kom van Suid-Afrika.