1 Mei gru-ongeluk: Ronnie Gaseb, 37, verskynMay 6, 2025

Die 37-jarige Ronnie Gaseb is met vyf klagtes strafbare manslag in verband met 1 Mei se gru-ongeluk, wat die lewens van vyf mense, wat die evangeliste Eddie en Linda van der Merwe, sowel as Fritz Brand, en ook ‘n ses-maande oue baba insluit, geëis het, aangekla. Gaseb staar ook klagtes van dronkbestuur sowel as bestuur sonder ‘n geldige rybewys in die gesig. Borg is vir nou geweier en hy kan wel ‘n aansoek bring. Hy sal weer op 14 Julie verskyn op Karibib.