Whk Stadspolisie beplan mobiele paniekknoppieMay 5, 2025
Die Windhoekse Stadspolisie beplan om ‘n mobiele paniekknoppie-stelsel in werking te stel om noodreaksie regoor die stad te verbeter. Volgens Stadspolisiehoof Leevi Ileka sal verskeie paniekknoppies in huise geïnstalleer kan word, insluitend in slaapkamers en kinderkamers, wat vinniger toegang tot hulp sal bied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Stadspolisie superintendent Katrina Nomboga.