Trump gee opdrag dat Alcatraz heropen wordMay 5, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump sê dat hy die Federale Buro vir Gevangenisse opdrag gee om die berugte Alcatraz-gevangenis in die San Francisco-baai te herbou en heropen om Amerika se mees meedoënlose en gewelddadige oortreders te huisves. Op sy Truth Social-platform sê hy toe die land ‘n meer ernstige nasie was, het hy in die verlede nie gehuiwer om die gevaarlikste misdadigers toe te sluit en hulle ver weg te hou van enigiemand wat hulle kon leed aandoen nie. Die federale gevangenis by Alcatraz het berugte Amerikaanse misdadigers soos Al Capone gehuisves voordat dit in 1963 gesluit het. Dit is nou een van San Francisco se gewildste toeristebestemmings.