SA-vervoerdepartement werk hard om rybewys drukmasjien te herstelMay 5, 2025
Die departement van Vervoer sê hy sal eersdaags ‘n permanente oplossing aankondig vir die lisensiedrukmasjien wat gereeld buite werking is. Die woordvoerder Collen Msibi, het aan SABC News gesê die departement gaan ook ‘n tydelike maatreël instel om die huidige agterstand te verlig. Die onderbrekings het frustrasie veroorsaak onder motoriste wat vir hul bestuurslisensies wag. Msibi verseker die publiek dat dit hul hoofprioriteit is om ‘n oplossing te vind: