Jaftha gaan op eetstaking, vir geregtigheid oor daggaMay 5, 2025

Die dagga-aktivis Brian Jaftha is tans op ‘n eetstaking in die Windhoek-gevangenis. Hy het kennis gegee dat hy op 3 Mei die staking begin vir geregtigheid oor wat hy as koloniale wette teen dagga bestempel. Jaftha is in Oktober 2023 twee jaar tronkstraf opgelê vir handel in dagga. Hy wag tans op die uitslag van ‘n paroolaansoek en die verhoor is reeds in Februarie gehou. Riaan Smit, ‘n aktivis vir die die hervorming van dagga-wetgewing sê in ‘n verklaring die stap is ‘n desperate pleidooi vir geregtigheid, gewortel in die fundamentele beginsels van menswaardigheid en gelykheid wat in internasionale menseregtewetgewing vasgelê is.