ACC ondersoek bedrog, geldwassery, konfiskeer weegbrugskaalMay 5, 2025
Die Teenkorrupsiekommissie het beslag op ‘n weegbrugskaal van meer as 2,3 miljoen Namibiese dollar van die Paaie-owerheid in Walvisbaai gelê. Die beslaglegging is deel van ‘n voortgaande ondersoek na beweerde korrupsie tussen ‘n RA-werknemer en ‘n verskaffer. In die jongste voorval het die kommissie snuf in die neus gekry toe ‘n verdagte kwitansie vir die verskaffing van ‘n nuwe weegbrug uitgereik is wat glo nooit gelewer is nie. Die kommissie ondersoek klagte van bedrog, diefstal en geldwassery.