Oranje- en Noorde-riviere bly hoogMay 4, 2025
Hidrologiese dienste in Namibië het die gemeenskappe van Noordoewer en Aussenkehr teen die moontlikheid van vloede gewaarsku met dié dat die vernaamste damme in Suid-Afrika steeds oorvol is en tot ‘n styging in die vlakke van die Laer-Oranjerivier gaan lei. Die Noorde is ook op ‘n gereedsheidsgrondslag met vlakke van die Zambezi- en Okavango-riviere wat hoog bly.