Hamilton nog nie gewoond aan nuwe FerrariMay 4, 2025

Lewis Hamilton sê dit kan nog maande neem om gewoond te raak aan sy nuwe Ferrari, en hy steur hom nie aan diegene wat sy vertonings bevraagteken nie. Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen wat ’n rekord 105 wedrenne en titels by beide McLaren en Mercedes gewen het, het aan die begin van die jaar by Ferrari aangesluit. Hamilton se aankoms het ’n mate van optimisme onder aanhangers geskep. Hy het wel die snelren in China gewen, maar het nog geen podiumplekke in enige van die vyf wedrenne tot dusver behaal nie.