!Gawaxab: Trump-tariewe kan ekonomie ontwrigMay 4, 2025

Die handelstariewe van Amerikaanse president Donald Trump kan die mededingingheid van Namibië van produkte ondermyn en sodoende druk op die land se uitvoere plaas, sê die goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab. !Gawaxab die die afgelope week ‘n welwillendheidsbesoek aan president Netumo Nandi-Ndaitwah gebring en gesê hoewel die land se uitvoere na Amerika relatief klein is, die impak van die tariewe op die plaaslike ekonomie geensins onbeduidend is nie. Belangrike handelvennote soos Suid-Afrika, China en die Europese word deur dié tariewe geraak en sal sodoende ook ‘n invlloed op die Namibiese ekonomie hê, het !Gawaxab gesê.