Ons moet ons eie olie verfyn – HangalaMay 2, 2025

Nog reaksie word ontvang op die kwessie van ‘n raffinadery vir Namibië. Dit kom na kenners, sowel as die uitvoerende hoof van TotalEnergies Patrick Pouyanné, president Netumbo Nandi-Ndaitwah afgeraai om ‘n olie-raffinadery in Namibië te bou. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bekende sakeman dr. Leake Hangala, wat meen dis ‘n goeie idee.