Langafstand-taxi’s stel ultimatum aan NekundiMay 2, 2025

Minibusoperateurs het ‘n vreedsame protesoptog gehou teen ‘n beslissing deur vervoerminister Veikko Nekundi, wat sewe-sitplek voertuie toelaat om op langafstandroetes te werk. Die Nasionale Vervoer Besorgde Groep, gelei deur Doc Sifoleni, noem die skuif onbillik omdat dit ongeregistreerde operateurs bevoordeel, en ‘n oortreding van bestaande wette. Die groep het ‘n petisie aan Karas-goewerneur Aletha Frederick oorhandig, terwyl Nekundi gesê het dat die verandering gelyke ekonomiese geleenthede bevorder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Werner Januarie, president van die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie.

Hy sê hulle verwerp Nekundi se besluit en stel ‘n ultimatum.