Banke eis N$38m in 26 aansoekeMay 2, 2025

Daar was vandag net 44 aansoeke vir verstekvonnisse op die mosiehof-rolle met tien op die reël 108-rol. Kommersiële banke het 26 van die aansoeke voor regters Lotta Ambunda en Gerson Narib gebring. Die sake is dalk min maar die bedrae is hoog – 29 miljoen Namibiese dollar is uitstaande op 14 eiendomslenings en 8,9 miljoen dollar is betaalbaar op 12 agterstallige lenings.