Namibië herdenk Werkersdag te midde van groot uitdagingsMay 1, 2025
Te midde van Werkersdag wat wêreldwyd vandag herdenk word, word die gaping tussen die rykes en die armes al groter en is ‘n dringende kwessie in Namibië. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die veteraan vakbondleier Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Vakbond van Namibiese Werkers.
Hy brei uit oor salariskwessies.
Alle werkers word uitgenooi na die 2025 Werkersdag-viering in Oshakati, waar president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal praat oor die tema “Eenheid van werkers is die mag van die massas.”