Gesondheid weerlê berigte oor narkose medikasieMay 1, 2025

Die gesondheidsministerie sê berigte dat daar ‘n nasionale tekort aan narkose medikasie is, is misleidend. In ‘n verklaring sê hy dat daar wel tekorte is by Rundu maar, dat dit die gevolg is van swak koördinasie met bestellings. Hy sê ‘n strategie is daargestel om aflewerings te bespoedig. Die verklaring kom ten spyte daarvan dat hy op 7 April opdrag gegee het dat vanaf 8 April moet alle elektiewe operasies by die Katutura-hospitaal uitgestel moet word. In Woensdag se verklaring het die ministerie ‘n uiteensetting van voorraad by die Sentrale Mediese Stoor aangedui.