Venaani het sy mes in vir August 26April 30, 2025
Reaksie word ontvang op die begroting van die verdedigingsministerie. Lynminister Frans Kapofi het meer geld vanjaar ontvang, op van net meer as 6,8 miljard Namibiese dollar verlede jaar tot meer as 7,4 miljard dollar vanjaar. PDM-leier McHenry Venaani, wat reeds ‘n geruime tyd eis dat August 26 se ouditverslae bekend gemaak word, sal vanmiddag die kwessie aanspreek. Hy verduidelik.