Veeartseny kondig uitbreking van perdesiekte aanApril 30, 2025
Die direktoraat veeartsenydienste het ‘n uitbreking van Afrika-perdesiekte aangekondig na 25 gevalle in die Otjinene, Windhoek, Okahandja, Omaruru, Gobabis en Mariental staatsveeartsenykundige distrikte bevestig is. Die siekte word deur sekere muggies oorgedra en simptome sluit in skielike dood, skuim om die neus, hoes, vergrote limfkliere en koors. Mortaliteit kan 70 persent bereik. Onmiddellike maatreëls sluit in dat perde en donkies in die genoemde distrikte nie beweeg mag word sonder ‘n bewegingspermit nie. Dit sal slegs uitgereik word indien die diere ingeënt is. Eienaars moet hulle diere inent met ‘n geregistreerde veelvuldige perdesiekte-entstof en geraakte plekke moet onder kwarantyn geplaas word. Alle bevestigde of vermoedelike gevalle moet by die naaste staatsveearts-kantoor aangemeld word.