Handel en internasionale betrekkinge-ministerie se begroting in NVApril 30, 2025

Die Nasionale Vergadering is nog steeds besig met die bewilligingswetsontwerp wat in die komiteefase is, waar parlementslede die verskillende begrotingstoewysings debatteer en vrae kan stel. Die toewysings aan arbeidsverhoudinge, verdediging, finansies, en veterane-aangeleenthede is voorgelê, terwyl daar tot die van die Verkiesingskommissie en die Teenkorrupsie-kommissie ingestem is. Stemmery oor die toewysing aan die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad is uitgestel. Tydens vandag se sitting is die handel en internasionale betrekkinge-ministerie se toewysing voorgelê. Lynminister Selma Ashipala-Musavyi het ‘n uiteensetting van die 1 miljard Namibiese dollar begroting gegee. Die grootste deel gaan na missies in die buiteland.