Frankryk kyk na hanteringsfooi op aanlynaankopeApril 30, 2025
‘n Stroom van goedkoop goedere uit China, het daartoe gelei dat Frankryk ‘n hanteringsfooi wil hef op pakkies van aanlynverkopers. Die heffing sal help om die koste te dek van die nagaan van klein pakkies wat op platforms soos die Chinese firmas Temu en Shein bestel word. In 2024 het 4,6-miljard pakkies, elkeen met ‘n waarde van minder as 1 200 Namibiese dollar, die EU binnegekom, met 91-persent daarvan uit China. Goedere van minder as 1 200 dollar, BTW uitgesluit, wat per pos gekoop en direk vanuit ‘n derde land gestuur word, is nie aan EU-invoerbelasting onderhewig nie.