Bipa beplan kopieregheffing op ingevoerde digitale toestelleApril 29, 2025

Die Besigheids- en Intellektuele Eiendomsowerheid, Bipa, beplan ‘n kopieregheffing op ingevoerde digitale toestelle waarop mense na musiek kan luister of films kan kyk. Aina Kaundu, Bipa se waarnemende uitvoerende hoof, het volgens die nasionale uitsaaier dit oor die naweek aangekondig. Volgens Kaundu sal die ingevorderde heffings diegene in die kreatiewe bedryf help om ‘n volhoubare inkomste uit hul werk te verdien, want die geld sal aan hulle as tantieme uitbetaal word.Sy het gepraat tydens die herdenking van Wêreld-intellektuele eiendomsdag in die hoofstad.