Padwaardigheid, bestuurslisensietoetse op Karibib tydelik opgeskortApril 28, 2025

Die Padowerheid het aangekondig dat padwaardigheid- en bestuurslisensietoetse by die Karibib NaTIS sentrum vanaf 6 Mei tydelik opgeskort sal wees. Dit is weens restourasiewerk by die sentrum. ‘n Amptelike kennisgewing sal uitgereik word sodra die dienste weer beskikbaar is. Kliënte wat dringend bestuurslisenise of padwaardigheidstoetse nodig het, moet alternatiewe toetsstasies gebruik.