Miljoene op staatsbegrafnisse, vierings, bestee April 28, 2025
Staatsbegrafnisse het belastingbetalers 38,4 miljoen Namibiese dollar in die 2024-25 boekjaar gekos. Daar was 16 begrafnisse waaronder president Hage Geingob en stigterspresident Sam Nujoma. Volgens eerste minister Elijah Ngurare het sy kantoor 1,9 miljard dollar in die begroting ontvang. Hy sê verder 2,5 miljoen dollar is op Heldedag vieringe bestee en 25,6 miljoen dollar op onafhanklikheid.