Markte tuimel (weer) na Trump Powell ‘major loser’ noemApril 22, 2025

Amerikaanse aandele en die land se geldeenheid het weer gedaal na president Donald Trump sy aanvalle op die Amerikaanse sentrale bankhoof verskerp het en hom ‘n ‘major loser’ genoem het omdat hy nie rentekoerse verlaag het nie. Powell is versigtig met rentekoerse oor onsekerheid na Trump se tariewe. Die S&P 500 het vanoggend sowat 2,4 persent verloor en 12 persent sedert die begin van die jaar. Die Dow Jones het met 2,5 persent gedaal en het tot dusver vanjaar sowat 10 persent verloor, terwyl die Nasdaq met meer as 2,5 persent geval het en 18 persent laer is sedert Januarie. Die Suid-Afrikaanse rand verhandel vanoggend net bo 18,60 teen die dollar en goud het verby 3 400 Amerikaanse dollar ‘n fyn ons gestyg.