DHL Express stop aflewering van sekere pakkette aan VSAApril 21, 2025
DHL Express skort van vandag af die aflewering van pakkette ter waarde van meer as 15 000 Namibiese dollar aan die VSA op, weens ‘n aansienlike toename in rompslomp. Dit volg op die instelling van die Amerikaanse president Donald Trump se nuwe tariewe. Die wêreldwye logistieke en internasionale verskepingsmaatskappy sê die aflewerings van alle lande sal tot verdere kennisgewing gestaak word, hoewel sake-versendings steeds sal voortgaan. BBC berig pakkette ter waarde van tot 47 000 dollar kan met minimale papierwerk die VSA binnekom.