VN Menseregte bekommerd oor Israel se aanvalle in LibanonApril 16, 2025
Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê Israelse weermagoperasies in Libanon het kommer laat ontstaan oor toenemende skendings sedert die skietstaking in November verlede jaar in werking getree het. Minstens 71 burgerlikes is deur Israelse magte in Libanon doodgeskiet, insluitend 14 vroue en nege kinders. Meer as 92 000 mense is steeds dakloos na die geweld. Die VN se Menseregte-woordvoerder, Thameen Al-Kheetan, sê al die partye moet die beloftes wat hulle ingevolge die skietstaking gemaak het, nakom: