Trump dreig Harvard met belastingstatusApril 16, 2025

President Donald Trump van Amerika sê Harvard-universiteit kan sy belastingvrystellingstatus verloor en as politieke party belas word. Die universiteit as opvoedkundige instelling is volgens die 1986 Interne Belastingkode uitgesluit van federale inkomstebelasting. Die Trump-administrasie het onlangs sowat 41,4 miljard Namibiese dollar se veeljarige toelaes aan die universiteit bevries. Dit volg nadat hy geweier het om die regering se eise na te kom om onder meer ontslae te raak van programme oor diversiteit, gelykheid en insluiting. Trump beskuldig Harvard dat hy politieke, ideologiese en terrorisme-geïnspireerde idees nastreef.