Soedan wil weet hoekom hy nie by konferensie oor Soedan was nie April 16, 2025

Die hoof van die sending by die Soedanese-ambassade in Londen, Babikir Elamin, het kritiek uitgespreek oor die Britse internasionale vergadering oor Soedan wat in Londen gehou is – sonder enige verteenwoordiging van die betrokke partye. 

Brittanje het gesê hy sal 120 miljoen pond, oftewel, 3 miljard Namibiese dollar, meer in hulp verskaf aan mense in Soedan, wat volgens hom die ergste humanitêre krisis op rekord in die gesig staar. Die konflik gaan nou sy derde jaar binne met miljoene wat ontheem is en honger ly.