Groot beloftes oor elektrifiseringApril 16, 2025
Plaaslike media berig dat die energie-ministerie 400 000 huishoudings teen 2040 wil elektrifiseer. Volgens die uitvoerende direkteur Ben Nangombe is 281 miljoen Namibiese dollar hiervoor in die huidige boekjaar begroot, waarvan 30 miljoen dollar uit die Nasionale Energiefonds kom. Volgens Nangombe, wat in gesprek was met Desert FM het die ministerie 15 miljoen dollar se projekte in Stad Windhoek wat geïmplementeer moet word met fondse wat ook vir ander kragverspreiders geallokeer word vir die doel. ‘n Totaal van 678 huishoudings is in die 2023-24 boekjaar geëlektrifiseer.