Trustco-NamRA uitspraak vanmiddag verwagApril 15, 2025
Uitspraak in die hoë-profiel saak tussen die Trustco-groep en die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, sal na verwagting vanmiddag deur regter Shafimana Ueitele gelewer word. Die saak het betrekking tot NamRA wat kennisgewings uitgereik het waardeur hy bankrekeninge van die Trustco-groep wou blokkeer het in ‘n poging om meer as 305 miljoen Namibiese dollar in te samel in belasting en rente. NamRA se kennisgewings is op 8 November 2022 na ‘n verhoor teruggetrek en is eers op ys hangende die uitkoms van die hofaansoek. Trustco die hof vra om verskeie bepalings van die belastingwetgewing ter syde te stel omdat hulle ongrondwetlik is.