EU kondig N$258 miljoen belegging in HyIron-Oshivela projek aanApril 12, 2025
Die baanbreker HyIron-Oshivela aanleg naby Arandis is Vrydag amptelik geopen. Die fasiliteit gebruik groenwaterstof om direk verminderde yster te vervaardig, wat bydra tot die wêreldwye groenenergie-omwenteling. Daar word beplan om in die eerste projekfase 15 000 ton direk verminderde yster jaarliks te vervaardig. Die Europese Unie het onderneem om sowat 280 miljoen Namibiese dollar in die tweede fase te belê deur die welvaartfonds vir volhoubare ontwikkelingsdoelwitte, of SDG-welvaartfonds. Ana Beatriz Martins, die EU se ambassadeur in Namibië, het die aankondiging by die opening gemaak.