Prada bekom Versace vir N$27 miljardApril 11, 2025

Die Italiaanse modehuis, Prada, het aangekondig dat hy ‘n ooreenkoms bereik het met die Amerikaanse groep, Capri Holdings, om sy glansryke mededinger, Versace, vir 27 miljard Namibiese dollar koop. Die verkryging sal ‘n luukse groep skep met inkomste van meer as 129 miljard dollar wat beter kan meeding met nywerheidsreuse soos die Franse konglomerate LVMH en Gucci. Die voorsitter van die Prada-groep, Patrizio Bertelli, sê hulle is verheug om Versace te verwelkom en ‘n nuwe hoofstuk te bou vir ‘n handelsmerk met ‘n sterk verbintenis met kreatiwiteit, vakmanskap en tradisie.