Calle waarsku teen heraanstelling van Mushokabanji by MeatcoApril 11, 2025
Die voormalige landbouminister Calle Schlettwein het gewaarsku oor die heraanstelling van Mwilima Mushokabanji as die uitvoerende hoof van Meatco. Hy sê gedurende sy termyn as maatskappyhoof is 1 miljard Namibiese dollar van belastingbetalers se geld bestee. Dit kom na president Netumbo Nandi-Ndaitwah opdrag gegee het dat Mushokabanji weer aangestel moet word na die raad nie sy termyn wat aan die einde van Januarie tot ‘n einde gekom het, hernu het nie. Schlettwein sê aan The Namibian dat al wat hy weet is dat Mushokabanji nie in sy vyf jaar die maatskappy na wins toe kon dryf nie.