Amushelelo se uitdagings verdiep April 11, 2025
Die uitdagings van NEFF-aktivis Michael Amushelelo verdiep. Regter Boas Usiku het ‘n tussentydse bevel uitgereik dat hy sy plasings oor luitenant-generaal Joseph Shikongo se noodlottige ongeluk van 2022 moet verwyder en nie weer daaroor mag kommentaar lewer nie. Maar, Amushelelo moet ook al Shikongo se regskostes, ook die van sy aansoek dat regter Doris Hans-Kaumbi moet onttrek, betaal. Dit kom te midde van ‘n aansoek deur Shikongo dat Amushelelo in minagting van die hof bevind moet word oor die plasing. Hans-Kaumbi het hom ‘n twee-jaar opgeskorte vonnis tydens sy vorige minagting skuldigbevinding opgelê, mits hy nie in daardie periode aan minagting skuldig bevind word nie.