RA sal N$230m op paaie voor Paasnaweek besteeApril 10, 2025
Die Paaie-owerheid sê hy moet 230 miljoen Namibiese dollar bestee om beskadigde paaie in die noordelike streke van Oshana, Ohangwena, Oshikoto, Omusati en Kunene te herstel. Die uitvoerende hoof dr. Conrad Lutombi, sê sommige paaie is erg beskadig ná swaar reënval en moet van volgende week af herstel word vir Paasnaweek. Lutombi sê die maatskappy het vertroue in die vermoë van die kontrakteurs om betyds te lewer.