Prospect 1 se ontwikkeling op skedule: ReconAfricaApril 10, 2025

ReconAfrica sê voor-konstruksie aktiwiteite by Prospect 1 in die Damara-vougordel is op skedule en die evaluering voor boorwerk is voltooi. President en uitvoerende hoof Brian Reinsborough sê hulle teiken ‘n boordiepte van 3 800 meter of selfs dieper, soos by hulle Naingopo-eksplorasieboorput. Hy sê dit is dieselfde reservoir waar hulle meer as 50 meter van reservoir-gehalte karbonate teëgekom het. Reinsborough sê hulle is op koers om hierdie kwartaal met die boorwerk te begin. Prospect 1 teiken ‘n moontlike ligte- of medium oliebron van 365 miljoen vate, asook moontlike 1,7 triljoen kubieke voet aardgasbronne.