LeBron James word met Ken-pop vereerApril 10, 2025

Die basketbal-ikoon LeBron James is die eerste beroeps-mansatleet wat deur die speelgoedmaatskappy Mattel as ‘n Ken-pop verewig is. Hierdie spesiale uitgawe wat in vennootskap met die LeBron James-familiestigting vervaardig is, vang die speler van Los Angeles Lakers se unieke klerestyl vas en is selfs langer as die standaard Ken-pop. James sê dit is ’n geleentheid om die invloed te erken van rolmodelle wat selfvertroue inboesem, drome inspireer en aan kinders wys dat hulle ook groot dinge kan bereik.