Naute 106,8% vol, Hardap 77,7%April 8, 2025

Daar was veranderinge in die stand van sommige damme. Die Von Bach het om 12-uur vanmiddag 78,9 persent gemeet, op van 74,2 persent gister. Die dam het oornag meer as 2,27 miljoen kubieke meter invloei gehad, volgens NamWater se jongste inligting. Hardap het 77,7 persent gemeet om 12-uur en water vloei steeds in teen 92,8 kubiek per sekonde. Die Naute is 106,8 persent vol, op van 85,1 persent gisteroggend, en die sliksluise is oopgetrek. Die dam het meer as 18,5 miljoen kubiek inloop gehad sedert gister. Swakoppoort is af na 101,8 persent en die sliksluise is ook nog oop.