Handelminister lê effek van Trump se tariewe op Namibië uitApril 8, 2025
Die Nasionale Vergadering het weer begin sit na ‘n week se onderbreking. Amerikaanse president Donald Trump se invoertariewe van 21 persent op Namibiese invoere het ter sprake gekom. Handelminister Selma Ashipala-Musavyi het uiteengesit hoe die tariewe Namibië sal affekteer.
TERUG: Die regering is tans in gesprekke met Amerika se ambassadeur na Namibië sowel as die Amerikaanse ambassade. Die Suider-Afrikaanse Doeane-unie sal ook ‘n vergadering belê om die kwessie te bespreek.