Walvis-inwoners woedend oor beplande plakkershut-heffings April 7, 2025
Die gemeenskapsaktivis Knowledge Ipinge het in ‘n brief aan die Walvisbaai-munisipaliteit gedreig met massa-protesaksie sou die owerheid voortgaan met sy planne om agterplaas-plakkershutte te belas. Hy sê die blote feit dat die owerheid die stap sou oorweeg beteken dat hulle weet die situasie is hier om te bly as gevolg van hulle mislukking om behuising te verskaf. Hy voeg by die owerheid het versuim om ‘n enkele waardige huis tydens sy ampstermyn te voorsien. Op Kuisebmond is daar tot tien families per erf wat plakkershuise in agterplase huur, en dit verhoog brandgevaar. Die munisipaliteit oorweeg dus heffings vir erf-eienaars wat plakkers huisves. Dit is nog nie bekend hoeveel dié heffings gaan beloop nie.