Vrou verloor N$840 000 deur Anydesk April 7, 2025
Die Namibiese polisie sê ‘n 48-jarige vrou van Aranos is bedrieg uit 840 900 Namibiese dollar. Volgens die mag is die vrou geskakel deur iemand wat hom voorgedoen het as ‘n werker by Telecom Namibia en dat hulle haar wifi-stelsel moet opdateer. Sy is opdrag gegee om Anydesk af te laai en sy instruksies te volg. Dit het natuurlik vir hom toegang tot haar rekenaar gegee. Die verdagte is onbekend ‘n ondersoek is gelas.