Trump-tariewe: Geen rede tot groot kommer nieApril 7, 2025

Volgens die plaaslike handelskenner Anton Faul is daar nie veel om oor te kommer na Amerikaanse tariewe nie. Faul sê totale Namibiese uitvoere na die wêreld in 2024 het 6,5 miljard Amerikaanse dollar beloop terwyl Namibiese uitvoere na die VSA in 2024 173 miljoen Amerikaanse dollar beloop het. Dit beteken net 2,6 persent van totale uitvoere gaan na die VSA. As diamante, erts en minerale uitgesluit word dan is die VSA die ontvanger van 0,2 persent van ons uitvoere. Landbou uitvoere beslaan minder as 0,02 persent van die uitvoere.