Shikongo sleep Amushelelo weer hof toeApril 7, 2025
Die Namibiese polisiehoof, luitenant-generaal Joseph Shikongo het ‘n dringende aansoek vanoggend in die hoërhof teen NEFF-aktivis Michael Amushelelo. Hy vra die hof om Amushelelo te dwing om ‘n plasing wat hy op 31 Maart vanjaar op Facebook gemaak het oor Shikongo se noodlottige motorongeluk in Desember 2022, te verwyder. Ingevolge ‘n vorige saak het hy en Amushelelo geskik en Amushelelo het ingestem om nie verdere plasings daaroor te maak nie. Intussen het Amushelelo by die publiek gepleit vir 100 000 Namibiese dollar vir die regskoste. Hy het tot dusver net minder as 32 500 dollar ingesamel.