Oostromings in Kinshasa dood 30 April 7, 2025
Sowat 30 mense is dood in oorstromings ween swaar reën in die DRK se hoofstad, Kinshasha. Die sterftesyfer is voorlopig, luidens amptelike bronne. Die Ndjili-rivier, wat deel deur die stad vloei, het Vrydagaand oorstroom en motoriste is sedert Saterdagaand op die nasionale pad vasgekeer, Verskeie woonbuurte is sonder krag en water. Daniel Bumba Lubaki, goewerneur van Kinshasa, sê waterinfrastruktuur is beskadig. Hy het onwettige behuising vir sommige van die sterftes geblameer en gewaarsku dat mense wat in onbeplande nedersettings woon uitsetting in die gesig kan staar.