Minister moet besluit oor Starlink-aansoekApril 6, 2025
Die Kommunikasie-regulerende Owerheid van Namibië, Cran, het Starlink se aansoek as nuwe diensverskaffer aangestuur na die minister van inligting en kommunikasie-tegnologie. Dit volg op ‘n beroep van die Namibiese Landbou-unie om Starlink se lisensie-goedkeuring te bespoedig, om internettoegang op die platteland te verbeter. Volgens die NLU se jongste nuusbrief sê Cran die minister moet steeds die aansoek oorweeg met betrekking tot spesiale vergunning ten opsigte van Namibiese aandeelhouding.