Rugby: Lekker premierliga-aksie dié naweek April 4, 2025

Die Namibië Rugby-unie se premierliga is hierdie naweek weer gelaai met belangrike wedstryde wat ‘n merk op die titelresies sal maak. Walvisbaai se Kudus reis na Windhoek om United aan te pak. Kudus en Wanderers is sover beide onoorwonne en gee die pas aan met 11 ligapunte elk. Wanderers speel op Swakopmund teen Dolphin, terwyl die derde geplaasde Western Suburbs vir Rehoboth op hulle tuisdorp takel. Grootfontein, vierde op die punteleer, en Reho Falcon in die sesde plek het elk sover een uit twee wedstryde gewen en hul kragmeting voltooi die naweek se aksie.