Namibië voer miljoene se diamante na VSA uit April 4, 2025
Namibië se vernaamste uitvoerproduk na Amerika is diamante, met bykans 65 miljoen Namibiese dollar se stene wat in Februarie vanjaar in totaal vir dié supermoontheid bestem was. Ingevolge Amerika se president Donald Trump se invoertariewe wat Donderdag van krag geword het, gaan Namibië se uitvoere na die VSA voortaan met ‘n wederkerige handelsheffing van 21 persent gepaard. Volgens die Namibiese Statistiekagentskap het die land verlede jaar sowat 2,8 miljard dollar se produkte na Amerika uitgevoer.